Om jou haarkleur te verbloem

Om vir 14 dae ‘n ongevraagde opinie te lewer is meer moeite as wat ek gedink het. Dis mos maklik om net ‘n pen en papier te gryp en ietsie te skribbel.

So vir dag 3, lees ek toe ‘n staaltjie raak en besluit om saam te speel. Watter vrou het nou nie ‘n staaltjie oor haar hare nie? Ons wil tog almal mooi lyk. So Lê-jou-eier gee weeklikse onderwerpe en die week s’n is “verbloem jou haarkleur”

Ek is ‘n kenner op die gebied. Ek hou van kanse vat en baie kleur. Tans is my hare ‘n mengsel van swart, blond, bruin en pers. Ek verkies dit donker, maar manlief yl, soos meeste mans, oor ‘n blondine, so ons kry mekaar maar êrens in die middel.

So my staaltjie kom van skooltyd af, uit my tienerjare, toe ek nog baie slim was. Ek was haarkapper toe en het mooi af gekyk hoe die kenners vir my hare strepies insit. Man, dis mos nou maklik! Jy vat so paar stukkies hare, sit jou wonder mengsel op, vou dit toe met foelie en viola. Easy peasy. En dan moet jy nou betaal vir iets so eenvoudig…

Wel, toe dit weer tyd was om my min sakgeld sente te gaan spandeer op foelie, toe smeek ek vir Mamma om my uit te help. Ek het haar baie mooi verduidelik hoe die kenners dit gedoen het. Ek en my Ma was baie slim saam. So in plaas van om elke stukkie haar in sy eie foelie saam te vou… besluit ons toe, dis mos makliker, vinniger en goedkoper om net een foelie te gebruik… Kortpad: So het ons die aparte stukkies hare gehighlight en sommer alles saam, bo-op my kop, in een foelie gevou. En viola, een pragtige strook wit streep oor my middelpadjie, met so paar slierte wit wat afhang. Ons het lekker gelag vir my muishondstyl.

Wat ‘n pragtige “f”lop

So dit was een flater wat ek nooit weer begaan het nie. Ek betaal maar eerder dat die kenners my mooi maak. My tweede haarkleur-skool-flater, was nie so intensief en permanent nie.

Ek en Snip was net so waaghalsig en slim saam. Ons het op ‘n dag besluit dat ons rooi hare wou hê. Daai tyd was daar nog nie vinnige google byderhand nie, so ons het maar dinge self beproef. So hoe kry jy rooi hare, sonder om na die kenners toe te gaan? Die antwoord is koek kleursel. My ligte hare het baie mooi gevat. Wel so effens TE mooi. En so het ons geleer, dat dit meer as een was vat om daai rooi uit te kry… En dat ALLES rooi is: jou hande, jou kopvel en jou beddegoed (vir weke)

N.S. GAAN NA DIE KENNERS TOE…

Nou moet ek eers reëls lees vir die saamspeel:

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/e3dfca20e90c4ae09d7312695a15b7f3

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

4 gedagtes oor “Om jou haarkleur te verbloem”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s